Die Departement van Verdediging het bevestig dat die liggame van die Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het, vandag na Suid-Afrika teruggebring sal word.
‘n Vrou is dood en verskeie ander mense is gewond toe hulle in kruisvuur beland het tydens ‘n transitorooftog op die N2 in Durban naby die sementfabriek. Die transitovoertuig is blykbaar van die pad ...
Die brandstofprys styg om middernag aansienlik. Die Departement van Petroleum en Minerale bronne het bevestig dat alle grade petrol met 82 sent ‘n liter styg, terwyl diesel tussen een-rand-een-sent en ...
Die Amerikaanse president, Donald Trump het gedreig om alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort weens sy grondonteieningsbeleid. Trump het op sy mediaplatform, “Truth Social” gesê ...
Die Gautengse LUR vir finansies, Lebogang Maile, sê spazawinkels in die provinsie wat nie regulasies nakom nie, is steeds ‘n groot bron van kommer. Hy het gister die media in Sandton toegespreek oor ...
‘n Man is in Mitchell’s Plain op die Kaapse Vlakte doodgeskiet in ‘n voorval wat vermoedelik met bendegeweld verband hou. ‘n Polisiewoordvoerder, FC van Wyk sê die slagoffer het met ‘n ander man ...
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koohandel in die VSA het kommer uitgespreek nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gedreig het om befondsing aan Suid-Afrika op te skort weens die land se ...
‘n Ses-en-dertigjarige polisiebeampte is buite Lebowakgomo in Limpopo doodgeskiet. Die provinsiale polisiekommissaris, Thembi Hadebe, sê George Modiba is vanoggend doodgeskiet toe hy by die werk ...
Die polisiekommissaris in Limpopo, Thembi Hadebe het die inhegtenisneming van twee polisiebeamptes van Phalaborwa verwelkom, en sê dit sal help met die stryd teen korrupsie in die provinsie. Die ...
Die minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê sy departement sal al die beoogde regsoptredes teen die jongste COVID-19-inperkingsregulasies teenstaan. Hy sê die regering het ‘n mandaat om lewens en ...
Die Menseregtekommissie begin vandag met ‘n nasionale ondersoek na die impak van ladingsvermindering op menseregte. Volgens die kommissie het hy verskeie klagtes ontvang omdat dit lyk of daar ‘n ...
Die KwaZulu-Natalse polisie het een verdagte in hegtenis geneem in verband met ‘n transito-roof vanoggend op die N-2 naby die sementfabriek in Durban. Twee veiligheidswagte is aangerand en van hul ...